As ek kon skilder…

As ek kon skilder, sou DIT vandag my skildery wees:
Mense oral om my, en baie baie balonne. My prentjie sou vaal en kleurvol tegelyk wees. Die lug oortrek van reenboogkleure soos balonne op verskillende hoogtes ronddryf. En op die grond, in die strate en uit gebou, mense met hul oë gerig op die lug, arms uitgestrek na ‘n ballon. Hier en daar helder geklede mense met ‘n ballon in die arms wat hulle liefkoos, teen die bors vasdruk, streel. ‘n Paar kleurvolles wat selfvoldaan met ‘n ballon aan ‘n toutjie deur die skares glimlag. ‘n Paar wat spring, net-net te kort om ‘n ballon te kan raakvat. Hoe nader elke mens aan sy of haar ballon, hoe kleurvoller, gelukkiger en helderder sou ek hulle skilder. Hoe verder, hoe valer, bleker, grouer… En op die grond, hier tussen almal se voete, nog ‘n paar verdwaalde balonne. Party al pap van ouderdom, ander op die punt om vertrap te word. Omdat almal se oë gerig is op wat in die lug ronddryf, en niemand sien wat hier reg voor hulle is nie.

Sien Helium Balloons om te verstaan waaroor die balonne gaan.

Advertisements
This entry was posted in Get an idea and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s