Poplap-lappop

Eerstens, groot omverskoning oor dit so lank was…het tipe van gehoop vir dreigbriewe van my “bewonderaars” omdat ek so stil was maar heelaas, hier is ek dan nou weer 🙂

By Skouspel koop ek die “90 jaar van treffers” CD wat Huisgenoot uitgee.  CD 3 bevat die oudste van die 90 jaar se treffers, en sing Carike dan nou Maandag oggend vir my die Lappop se storie.

As jy nie die storie ken nie…

(Iemand het ‘n lappop op die ashoop weggooi…’n lappop let wel, nie ‘n porselein pop nie.  Sy was ook nou al vuil en stukkend, dié dat sy weggegooi is. Maar die lappoppie besef toe dat haar enigste geselskap is ‘n vrot pampoen, stukkende skoen, grammafoonplaat en kous sonder maat, lee bottel bier, verlepte angelier, ‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant. En sy begin droewig huil oor haar omstandighede, en dreig om weg te loop. Die ashoop goeters verseker haar dit is die beste ashoop wat mens ooit kan kry, en hou gou ‘n vergadering. Hulle besluit om Lappop te bekroon as die ashoop koningin, en daar het Lappop en haar onderdane vir altyd gelukkig gelewe op die ashoop.)

So…ons elkeen voel soms maar soos ‘n Lappop. My bynaam was vir lank Poplap, in ‘n mate oor die woordspeling. Ons voel verstoot deur die lewe, weggegooi deur die mense om ons, vuil en verslete. Ons is omring deur mense wat so voel…vrot pampoene en stukkende skoene (niks op iemand persoonlik gemik nie). Maar wat sou ons doen oor Lappop as ons die goeters op die ashoop was? Ek sien al ou Koerant sy bladsye swaai terwyl hy vies sê “Ja toe, gaan soek vir jou ‘n ander ashoop, ons het nie ‘n kla-kous nodig nie, ons het klaar vir Kous-Sonder-Maat”. Maar hulle verwerp haar nie verder nie, en jaag haar nie weg nie. Hulle doen alles in hulle vermoë om haar daar te hou – hulle stel haar hoër as hulself.

Teen ek by die werk kom het ek niks verder op die CD gehoor nie. Prentjies van die Lappop met haar kroontjie en haar ashoop-onderdane agtervolg my heeldag, soos ek deur my werksdag gaan.  Ek sê dankie Here vir hierdie beeld. Ek maak my oë oop, begin soek vir die Lappoppe, en bekroon hulle met glimlaggies. Ek sien my mede-ashoop goeters raak, en ons vat hande, en word onderdane, want dit is die beste ashoop dié wat mens dan ooit sal kry.

Advertisements
This entry was posted in Get an idea. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s