Nuwe jaar…

Voornemens – veral dié wat in die laat-nag ure van 31 Desember gemaak word in ‘n poging om wakker te bly tot die klok 24:00 slaan – is van korte duur. Dalk juis omdat hulle slegs voornemens is, sonder die vastigheid van ‘n “commitment”. Seker dié dat my voorneme om in 2012 “gereeld te blog” nie gerealiseer het nie.

Die jaar het bietjie my voete onder my uitgeslaan. En ek kan lang stories tik daaroor maar, dit is in die verlede. Hier staan ons nou weer, so katspoeggie in die nuwe jaar in, en ek besin oor voornemens. My BCom linkerbrein herroep ‘n bladsy in ‘n Bestuurshandboek wat verduidelik van SMART-doelwitte: Specific, Measurable, Attainable, Realistic, and Time-specific. En ek dink dalk is DIT hoe ek die nuwe jaar moet aanpak – met SMART-doelwitte. Klein realistiese treetjies wat bereikbaar is binne ‘n sekere tyd. ‘n Trappie waarop jy land en vir ‘n rukkie kan gloei met die wete dat jy iets bereik het, voordat jy die volgende sprong aanpak. Mens eet dan ‘n olifant ook so…happie vir happie.

So, al is hierdie kort – my eerste SMART-doelwit wil ek met julle deel: om een maal ‘n maand, ‘n blog post te lewer, van ten minste 200 woorde (ja, hierdie een val net-net daarbinne), wat darem sinvol en leesbaar is. En hopelik (hierdie is die idealistiese deel daarvan) kan ek met elke post iemand aanspoor/bemoedig/inspireer/motiveer om ook JOU drome, passies en ideale uit te leef.

Advertisements
This entry was posted in Get an idea. Bookmark the permalink.

2 Responses to Nuwe jaar…

  1. Dankie vir die! Ek het net gister met my kop onderstebo in my hande gesit oor ek soveel het om te doen, maar nie weet waar om te begin en hoe ek als gaan inkry (klaarkry/gedoen kry) nie. Geluk! Jou eerste post in die nuwe jaar jaar, het iemand gemotiveer en bemoedig. 😉

    • Lizán.Maree says:

      Baie dankie vir die terugvoer! Dit is altyd lekker om te weet daar is ‘n rede hoekom mens op daardie oomblik skryf wat in jou kop is, al is dit HOE ontydig in jou skedule, en al voel dit soos klein woordjies. Sterkte!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s