Geen verskoning

Goed…so doelwitte is toe net so nutteloos soos voornemens. Dit is net klein bietjie moeiliker om al die balle te “juggle” wat ek probeer het, as wat ek gedink het. En die eerste wat daaronder ly is die blog.

Ek gaan weer ‘n poging aanwend. Deels omdat ek ‘n ongelooflike behoefte daaraan voel om weer die woorde deur my vingerpunte te laat vorm. Deels omdat die versoeke daarvoor al meer word. Stoot- en trekkragte, soos ‘n wafferse sisteem moet hê.

So ek maak nie weer leë beloftes nie. Maar ek gaan werklik probeer. En in plaas van uitstel om iets mooi aanmekaar te sit oor hoe jammer ek is en wat ek gaan probeer, het ek dit nou op “papier” gesit, en hier is dit.

Ons vat dit van hier af, en ons kyk hoe dit gaan. Hopelik spoel die inspirasie oor my soos ‘n golf…of ‘n paar golwe dan eerder…dalk iets ritmies soos die see se konstante golwe, wat herhaalde, leesbare stowwe oplewer.

Tot die eerste golf tref, hou julle koppe hoog! Die langnaweek loer vir ons.

Om op te maak – ‘n prentjie van my onlangse besoek aan die Kaap – Houtbaai.

Kaap Trip 020

Advertisements
This entry was posted in Get an idea. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s